OMROEPER | INGESPREK MET
My jare as model en TV aanbieder by Kyknet se Glitterati en Tonge Los Sal ek altyd in my hart koester, Maar ek sien vreeslik uit na die nuwe avontuur.
Hier is n bietjie meer agtergrond oor my.
Ek het groot geword in die Paarl en daar gebly tot op 22 toe ek my geboorte dorpie verruil het vir die “big city lights” van Durban. Na dit was daar geen stop aan die vissie nie. Van daar was Italy en London my huis vir 10 jaar en die twee Liefdes van my lewe, my seuns Luke en Zeke gebore.
Ek was nog altyd lief vir die vermaaklikheids bedryf en sy mense.
Dinge wat ons luisteraars Kan na uitsien op my program Kaapse Karmenaadjie is lekker klets, onderhoude met ons bekendes, goeie musiek en Dan natuurlik my Mercia Mafia show op n Vrydag met my oud kollega Gavin Wildschutt-Prins van Glitterati en Tonge Los faam.
Maak reg vir baie lag, partykeer bietjie huil en die beste geselskap op Maandae, Woensdae, en Vrydae tussen 12. 00 en 15:00.
Ek sien baie uit daarna om saam met jou in jou huis, motor en kantoor te kuier.
Groete, liefde