OMROEPER | KLEIN SATERDAG
Na skool is ek vir my militêre en na my opleiding het ek begin werk en myself bekwaam as Loodgieter en daarna opleiding gedoen en myself uitgeleef in my beroep as Terrein Agent in die Bou bedryf.
Ek het die voorreg gehad om vir Richard de Villiers te ontmoet wat reeds by verskeie Radio Stasies as omroeper uitgesaai het. Hy het my genooi na die ateljee van Radio Tygerberg en het ek dadelik belang gestel in die uitsaaiwese. Hy het my onder sy vlerk geneem en opleiding vir 3 maande in die bedryf gegee. Ek was vanaf 1999 tot en met 2003 saam met hom by Radio Tygerberg se Ontbyt program.
Ek het ‘n groot liefde vir Afrikaanse, Boeremusiek, Golden Oldies en Country musiek. Ek was bevoorreg om by Kaapstad Radio te kon aansluit waar ek op die volgende programme aanbied by Kaapstad Radio: Kaapse Kontrei, Boeremusiek, Golden Oldies en Country musiek.
Kaapstad Radio het vir my die eer en voorreg gegee om my passie vir wat ek lief is met oorgawe, profesionaliteit en verantwoordelikheid te kan uitleef.