Stuur Versoeke

Our Visitor

387679

Annelie Asaram

OMROEPER | KARMENAADJIE

Ek is lief vir my lewe, vir die Kaap en mense!

Ek wou nog altyd graag vlieg en my droom is bewaarheid en ek word aangestel as Kajuit bemanning vir die Suid Afrikaanse Lugdiens in 1985. Sedertien het ek deur die wereld gereis en het ek met so baie kulture te doen gekry. ‘n Loopbaan wat ek ’n 1000 maal sal oordoen! Ek het ook baie interessante en bekende mense ontmoet, en was bevoorreg om as Bemannings Bestuurder vir Nationwide, Mango asook Interair te werk.

My vlerke word geknip toe ek in 2011 met Borskanker gediagnoseer word en het my behandeling suksesvol oorleef. Ek is ‘n voorspraker van Kankerbewustheid en het al die geleentheid gehad om verskeie mense te motiveer wat met hierdie verwoestende siekte stoei. As jy my moet vra hoe ek dit reggekry het om ‘n agressiewe vorm van kanker te oorleef, moet ek erken dat dit is ‘n “question of mind over matter” en ook natuurlik die heel belangrikste is, om alle eer te gee aan my Hemelse Vader en om omring te wees deur hartsmense wat my liefhet.

Ek is ‘n borrelende persoon en jy kan my altyd uitken aan my positiewe gesindheid teenoor die lewe. Ek “love” dit om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Om ‘n radio aanbieder te wees is net nog ‘n droom wat verwesenlik is! Kaapstad Radio se famielie is wonderlik!

©2023 Kaapstad Radio. Gebou deur AlexM